Pierneef-blou

Hy bly nou in 'n woonstel bo 'n kafee
Dis die meeste wat sy beursie vir 'n landlord kan gee
Die meubels wat hul hier gelos het kan hy maar hou
Die blou bed word 'n bank as jy dit vou

Eskom moet maar fokof die geyser mag heeldag loop
Hy lees in die koerant hoe die regering miljoene stroop
Dit los hom ongemaklik dit los hom omgekrap
Hy wonder oor die toekoms en die pad wat die land stap

En die lig die lig die lig is Pierneef-blou
Dis 'n kleur waarvan hy nie regtig hou nie
Afrika se son skyn net te blink
Oor die karre in die straat oor die ou dak se sink

Hy hou nie van die taxi's hy hou nie van die middelklas
Hy haat die botterbul van sy eie spierwit ras
Hy haat emigrasie Brittanje Australië ook
Hy haat dit dat sy eks se borste nog by hom spook

Hy voel fokol vir oranje hy voel fokol vir blanje blou
Nkosi sikelel' en Die Stem kan hul ook maar hou
Hy hou nie van Mandoza hy hou nie van Theuns Jordaan
Hy hou nie van sy vakansies kleintyd in 'n karavaan

En die lig die lig die lig is Pierneef-blou
Dis 'n kleur waarvan hy nie regtig hou nie
Afrika se son skyn net te blink
Oor die karre in die straat oor die ou dak se sink

Hy hou van donderstorms en die spore van 'n trein
Hy hou van mense wat e-tol ondermyn
Hy hou van Hank Williams the moon wept behind a cloud
Bonnie Prince Billy hy hou ook van Johnny Dowd

Dit was seker fotoboekies dit was seker maar Ben Brand
Dit was seker James Phillips en sy hoed se breë wand
Dit was seker maar something in Sundays you feel alone
Dis seker maar sy lot ja no direction home

Hy hou van die lente as die bytjies die blomme roep
Hy sit op sy balkon al voel dit soos 'n stoep
Hogehak se skoene loop nou die strate vol
Hy trim maar aan sy ferns en sy whiskey glas is vol

En die lig die lig die lig is Pierneef-blou
Dis 'n kleur waarvan hy nie regtig hou nie
Afrika se son skyn net te blink
Oor die karre in die straat oor die ou dak se sink



Credits
Writer(s): Drikus Barnard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link