Rym

Hierdie dorp is met heimwee omhein
Vrot mielies in die silo's
En tering in die myn
Die duiwel het Jesus
Se plek gevat in die wyn
Na die houe by die troue
Moes polisie die saal ontruim
Hierdie dorp is met heimwee omhein

Ek was 'n skugter digter
In 'n literêre woestyn
Geworstel met wiskunde
Maar pappa kon ek rym
Maar is jy effe anders
Word jou pogings daagliks ondermyn
Spoeg hul graag na jou kant
Word jy verneder en verklein
Hierdie dorp is met heimwee omhein
Hierdie dorp is met heimwee omhein

As die donker dag gepleit het
En die son nog moes besluit het of sy wou skyn
Was my oë al lankal wawyd
Met woorde uit die taal uit in my brein
Voor die wasem nog geruit het
Of die ketel mooi gefluit het soos 'n trein
Voor ons koffie en beskuit het
Marmelade toast gebyt het was dit plein
Hierdie dorp is met heimwee omhein
Hierdie dorp is met heimwee omhein

Toe ons tafel en gebed het
En ek skelm gesigaret het kom daar 'n sein
Dit was Monitor se nuus 'n
Gesin het in 'n sinkgat verdwyn
Ons het konstabel Elias
Wat eerste op die toneel was op die lyn
Vir 'n misdaad soos die
Is hy en sy span net nooit getrein
En die dorp is met heimwee omhein
Hierdie dorp is met heimwee omhein
Hierdie dorp is met heimwee omhein
Hierdie dorp is met heimwee omhein

Bravade, tou en flitslig
Maar die soektog en sy geesdrif het gou gekwyn
Die gat was net te wyd
Diep en donker soos 'n drein
Hierdie dorp is met heimwee omhein
Die honde sing die koortjie
Ek help maar met die refrein
Die kafee het nie John Rolfe
Nou rook ek maar Rembrandt van Rijn
Ek kon iewers in die song
Nog 'n sin gebruik wat eindig met die woord pyn



Credits
Writer(s): Drikus Barnard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link