Superglue

Ek wens ek kon vir jou wys hoe ek oor jou voel
Want al sê ek jou sal jy nooit verstaan wat ek bedoel
Dit was als verby nog voor jy my leer ken het
Dit was als verby nog voor dat dit begin het

Jy bly nog steeds op die eiland van my hart
Ek het nie geweet dat liefde mens so kan aanrand
Ek hoop jy is gelukkig saam met hom
Ek sal maar weer my hart aanmekaar vas gom

Ek wens ek kon iets sê wat alles reg sal maak
Maar ons albei weet dit is klaar te laat
Jy het geweet dat jy my verneuk
Toe ek dit uitvind wou ek jou met 'n graaf doodsteek

Jy bly nog steeds op die eiland van my hart
Ek het nie geweet dat liefde mens so kan aanrand
Ek hoop jy is gelukkig saam met hom
Ek sal maar weer my hart aanmekaar vas gom
Aanmekaar vas gom

Haal net asem die ergste is verby
Ek voel nie meer so sleg nie Ek sal iemand anders kry
Daar's iemand beters daar buite wat ek verdien
Ek het in elkgeval Jou nuwe ou saam 'n ander girl gesien

Jy bly nog steeds op die eiland van my hart
Ek het nie geweet dat liefde mens so kan aanrand
Ek hoop jy is gelukkig saam met hom
Ek sal maar weer my hart aanmekaar vas gom

Jy bly nog steeds op die eiland van my hart
Ek het nie geweet dat liefde mens so kan aanrand
Ek hoop jy is gelukkig saam met hom
Ek sal maar weer my hart aanmekaar vas gom
Aanmekaar vas gom
Aanmekaar vas gom
Aanmekaar vas gom
Met superglue aanmekaar vas gom



Credits
Writer(s): William Jonker
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link