Selfmoord

Afgekraak teneergedruk
Jou oplossing is pille sluk
Dwing jouself in die bottel af
Jou lewer is al seker kaf gedraf
Weet nie waar om heen te gaan
Jy staan net stil op die lewensbaan
'N Struikelblok vir die res wat verby gaan
Dis mos hoe jy voort wil bestaan

Ek voel vir jou maar alles is jou eie skuld
Ek wou jou help maar jy doen net wat jy wil
Ek gee jou raad maar jy word net vir my kwaad
So hou op kla en begin verantwoordelikheid dra

Die fase waardeur jy nou gaan
Is die einde van jou lewensplan
Jy was altyd eerste klas
Maar nou sukkel jy om in te pas
Die kanse wat jy nou kry
Kyk jy net en hou verby
Jammer as ek te reguit is
Maar jys net besig om my af te pis
So gaan maar aan drink nog 'n dop
Sluk 'n pil en stamp jou kop
Jy is in jou eie hel
Moet net nie dink jy gaan my bel

Ek voel vir jou maar alles is jou eie skuld
Ek wou jou help maar jy doen net wat jy wil
Ek gee jou raad maar jy word net vir my kwaad
So hou op kla en begin verantwoordelikheid dra

Ek voel vir jou maar alles is jou eie skuld
Ek wou jou help maar jy doen net wat jy wil
Ek gee jou raad maar jy word net vir my kwaad
So hou op kla en begin verantwoordelikheid dra
Begin verantwoordelikheid dra
Begin verantwoordelikheid dra



Credits
Writer(s): William Jonker
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link